The 2025 Chronicle

pointed Mr Wayne Sudding on a permanent basis. He started at the beginning of the third term and had no difficulty slotting in and finding his feet. He is an experienced Afrikaans teacher who will also add value in other areas of school life. Mr J-P Olivier has been appointed as senior marker at the end of the year and we want to wish him all the best for this import ant task. We look forward to a successful 2026.

GELD KAN GELUK KOOP Brunton Bigalke (A Block)

Daar is baie mense wat sê dat geld nie geluk kan koop nie, maar hierdie mense het duidelik nog nooit ‘n naweek in ‘n vyfster-hotel met ‘n onbeperkte buffet en ‘n spa-behandeling spandeer nie. Kom ons wees eerlik – jy het nog nooit iemand in ‘n Ferrari sien huil nie, maar op ‘n fiets in ‘n reënstorm? Daardie trane is eg. Geld is amper soos Aromat. Jy gooi dit oor jou probleme en dit maak alles heelwat beter. Maak jou ou kar ‘n snaakse geluid? Koop net ‘n nuwe een! Jou buurman se hond blaf aanhoudend? Koop die buurman se huis en stuur hom en sy hond Mpumalan ga toe. Jou meisie los jou? Moenie bekommerd wees nie, koop net ‘n boot. ‘n Boot het nog nooit iemand net gelos nie. Selfs gesondheid word in ‘n ander lig gesien as jy ryk of arm is. As ‘n arm man hoes, het hy tuberkulose. Maar, as ‘n ryk man hoes, sê mense dat hy ‘n ligte verkoue het en gee vir hom vita mien-water. As jy ryk is kan jy jou probleme op ‘n ander manier aanspreek. ‘n Ryk man se middeljarige krisis is ‘n rooi Ferrari; ‘n arm man s’n is ‘n nuwe bierblikkie. Natuurlik is daar sekere dinge wat geld nie kan koop nie: ware liefde, opregte vriendskap, lojaliteit, integriteit, en ‘n mooi Afri kaanse meisie wat weet hoe om pannekoek sonder ‘n resep te maak. Maar kom ons wees eerlik; as jy genoeg geld het, kan jy ten minste ‘n sjef huur en ‘n eksotiese hond koop wat altyd vir jou liefde gaan gee. So ja, geld kan dalk nie geluk koop nie, maar dit kan beslis ‘n BBP-kaart tot ‘n beter lewe koop.

Kitsy came to learn Afrikaans

laventel en ‘n sweempie heuning in die lug. Dit is asof die wêreld uit sy winterslaap ontwaak en met ‘n nuwe energie begin leef. Ek stap kaalvoet oor die groen gras, steeds klam van die og genddou. Die son se warm strale streel saggies oor my vel, nie skroeiend soos in die somer nie, maar net warm genoeg om my ‘n gevoel van energie en ligtheid te gee. Die dartelende swaelt jies sing vrolik hul oggendlied, ‘n simfonie van lewenslus wat deur die lug weergalm. Ek hoor hoe bye in die helder goudgeel gousblomme gons, en in die verte breek kinders se lag deur die stilte van die dag. Die kleure van die lente is ‘n skouspel wat my altyd verwonder. Van pienk en pers seringbloeisels tot die vars helder groen van jong blare; dit is asof die wêreld met ‘n nuwe palet geverf is. Die hemel is ‘n ongerepte potblou sonder die swaar grys wolke van winter. Ek voel opgewondenheid in my hart, ‘n drang om nuwe dinge aan te pak, om die wêreld met ‘n vars perspektief te beskou. Lente bring vir my ‘n ongelooflike gevoel van hernuwing. Dit her inner my dat elke einde ‘n nuwe begin inhou. Dit is die seisoen van hoop, van groei en van die belofte dat die lewe altyd sal aanhou blom, maak nie saak hoe lank die winter geduur het nie. Dit is die siklus van die lewe…

MY GUNSTELING SEISOEN Reily Elliot (A Block)

Die eerste tekens van die lente breek soos ‘n sagte fluistering deur die landskap aan. Die ysige koue van die winter maak plek vir ‘n sagte briesie wat die lug vul. Ek haal diep asem en ruik die soet reuk van bloeisels wat in volle prag begin blom – jasmyn,

ENGLISH

Intern Staff: Mr Thabani Mchunu, Mr Thokozani Ngcobo, Mr William Hodgkinson, Mr Joshua August

Head of Department: Mr Grant Ball Staff: Mrs Tanith von Mayer, Mrs Mary McMichael, Mr Doug Rodger, Mrs Sally Cahill, Mrs Peta Roberts, Mrs Claire Hornby, Mr Herman Visagie Further Studies English: Mrs Peta Roberts, Mrs Sally Cahill Part-time Staff: Mrs Katherine Cass, Mrs Lieschen Harrison, Mrs Rebecca Bubb

At the onset of the year we welcomed Mrs Rebecca Bubb to our team. Her passion for teaching English, coupled with her aptitude in academic support, marked a valuable addition

78

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online